DIE 35-jarige bestaansvieringe van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument skop vanaand om 19:00 af met die vierde jaarlikse Mathews Phosa-lesing.
Vanjaar se spreker is prof Russel Botman, rektor van Stellenbosch Universiteit, wat ’n lesing by die Taalmuseum sal lewer oor “Afrikaans in die 21ste eeu”. Toegang is gratis, maar daar is slegs beperkte sitplek beskikbaar. Die geleentheid sluit ook ’n begeleide toer deur die Taalmuseum in.
) Op 29 Augustus om 15:00 word ’n Vrouedag gesondheidspraatjie in die kerksaal van die Bethel Cong Kerk in Paarl-Oos aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en The Lofted B&B.
Die hoofspreker by die geleentheid is skrywer Herman Uys. Kaartjies teen R40 per persoon is beskikbaar by die Taalmuseum.
Kontak Amira Clayton by 021-872-3441.