Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek en Telbord

Sportdagboek en Telbord
 
2010-08-12


Sportdagboek


KRIEKET

* Paarl-Oos vergader:
GMT Paarl-Oos se algemene jaarvergadering vind plaas op 22 Augustus om 14:00 te New Orleans klubhuis, waar die toer na die Oos-Kaap beplan sal word.

* Drakenstein Edu oefen:
Drakenstein Edu Krieketklub se oefeninge verskuif vanaf 21 Augustus na New Orleans se velde vanaf 17:00.

Oefeninge geskied steeds Dinsdae, Woensdae en Donderdae. Die klub se binneshuise net-sessies by Boland-Park is elke Vrydagaand vanaf 20 Augustus tot 24 September om 19:00.

* Paarl Krieketklub hou vergadering:
Paarl Krieketklub se algemene jaarvergadering is op Sondag 29 Augustus om 15:00 in die klubhuis. Nominasies moet die sekretaris teen 22 Augustus bereik.

Die bekeruitdeling vind Saterdag 4 September om 19:00 plaas in die klubhuis.

Kaartjies kos R50.

PAARL SPORTFORUM

Die Paarl Sportforum vergader Maandag 23 Augustus in die Huguenot Gemeenskapsaal om 19:30.

’n Hoofbesprekingspunt sal handel oor die toestande van die sportgeriewe.

Klubs wat nog nie hul jaarlikse subskribsies betaal het nie, kan dit tydens dié geleentheid afhandel.

Kontak Sammy Andrews by 082-305-1643.

KLEIN BOISHAAI GHOLFDAG

Klein Boishaai se negende jaarlikse gholfdag vind 3 September plaas by Paarl Gholfklub vanaf 11:30.

Die formaat is ’n vier-bal en inskrywings wissel tussen R1600 en R2000 (afhangende of maatskappye advertensieborde wil plaas) en sluit in ’n geskenkpak en ’n ligte ete waartydens wederhelftes ook welkom is teen ’n ekstra fooi van R100.

Stuur aansoeke en vrae na allysel@ seldenrod.co.za of stuur ’n faks na 021-872-0689.

Kontak 083-324-8360.


Rugby-flitse


HILLCREST KLOP ST HELENABAAI

Hillcrest United moes die pas-afgelope naweek diep delf om ’n sege te behaal teen die span van St Helenabaai.

Dit was ’n taai stryd, maar uiteindelik wou Hillcrest dit die graagste hê, aangesien hulle tot die einde geveg het om ’n 13-12 oorwinning te behaal.

Met Franco Moses, Weezel Zealand en Chris Pietersen weer beskikbaar, behoort die skrums egter eerskomende naweek te verbeter vir die stryd teen Never Despair op CPUT se veld, want in dié afdeling het hulle lelik tweede gekom teen St Helenabaai.

Vir Hillcrest het Shelton Benn ’n drie gedruk en Conroy Gertse ’n doelskop en twee strafdoele behaal.

VILLAGERS NEWTON LOOP VOOR

Villagers Newton het die pas-afgelope naweek gewys hoekom hulle die voorlopers is in die Eerste Liga sentraal, ná hulle Saterdag met 28-13 afgereken het met Riebeek United op die Boy Louw sportgronde.

Die vinnige agterlynspel van Villagers was uiteindelik te veel vir die swaar voorspelers van Riebeek.

Villagers se uitblinkers was Sean Paulse (1 drie, 1 doelskop en 2 strafdoele), Afredo Japhta, Joswin Juries (1 drie) en Wayne Williams. Ander driedrukkers was Anthony Pietersen en Johannes de Bruin.

Villagers II het 16-8 gewen.

Dié Saterdag speel Villagers teen Adelaars op die Boy Louw-velde.


Sporttelbord


WEDVLUGDUIWE

* Wellington Resiesduifklub (Victoria-Wes): 1./2. Jasper Kobus; 3. D Perrins; 4. W Arendse; 5. D Adams.

* DHS (Victoria Wes) 1./2. J Kruger; 3. M&J Hokke (b); 4. Vos&Van Vuuren; 5. Jerusalem Loft.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za