Karatekas vaar uitstekend
2010-08-12
KARATEKAS van sensei Naude Gouws se Goju Ryu Karateskool in die Paarl, het onlangs deelgeneem aan die Wes-Kaap Goju Ryu Karate-kampioenskappe. Karatekas wat eerste, tweede en derde gekom het in hul afdeling, is gekies vir die Wes-Kaap Goju Ryu Karatespan wat op 14 Augustus gaan deelneem aan die SA Goju Ryu Karate-kampioenskappe in die DF Malan-gedenksaal te Stellenbosch. Karatekas wat vierde gekom het, is in die Ontwikkelingspan ingesluit, wat ook saam met die Wes-Kaapspan, Gauteng, Vrystaat en Natal gaan deelneem aan die SA kampioenskappe. By die SA kampioenskappe gaan ’n SA- span gekies word wat aan die Wêreld Goju Ryu Karate-kampioeskappe gaan deelneem teen minstens 15 ander lande. Dié kampioenskap gaan op 30 Oktober plaasvind, ook in Stellenbosch. Vir navrae, kontak sensei Naude Gouws by 083-956-1845 of epos naudegou@ mweb.co.za. Besoek die webtuiste www.naudegojuryukarate.wordpress.com of besoek die webtuiste www.iogkf.co.za.
More
News
|