Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stadion pla voor toernooi

Stadion pla voor toernooi
 
2005-03-17

Leon Steenkamp

DIE traagheid van die Drakenstein Munisipaliteit kan dalk net die Paarl in die verleentheid bring wanneer die SA Atletiekkampioenskappe vir hoërskole môre hier afskop.

Die rede? Die slordige en gehawende toestand van die Daljosafat-stadion waar die kampioenskappe aangebied word.

Toilette sonder deure, tientalle gebreekte vensters, ’n onpraktiese tydlees-stellasie en ’n kriek- en vlooiplaag is van die probleme waarmee Boland Atletiek te kampe het op die vooraand van die nasionale byeenkoms.

Vandalisme tydens ’n inbraak by die toilette, asook ’n geldtekort lê aan die wortel van die probleme.

“Ek is nou al maande lank besig om met die Munisipaliteit te korrespondeer oor die toestand van die stadion”, sê Richard Stander, hoof uitvoer-ende beampte van Boland Atletiek.

Volgens Stander het Drakenstein Munisipaliteit, by monde van burgemeester Herman Bailey, hom daartoe verbind om te help om Paarl die nuwe tuiste van Boland Atletiek te maak.

Die Munisipaliteit se rol in dié taak was die verskaffing van die kantore in Daljosafat Stadion, asook ’n verbintenis om die stadion se infrakstruktuur in stand te hou en te beveilig, en laastens om die stadion toe te rus en op te gradeer tot B-graad status (’n stadion met ’n tartan-oppervlakte en bykomende grasopwarmingsarea).

Maandag was dit egter gou duidelik dat die Munisipaliteit nie die paal gehaal het nie.

“Ons doel is om Daljosafat Stadion op te gradeer dat Absa-byeenkomste en byeenkomste soos die SA senior kampioenskappe hier aangebied kan word.

“Die stadion moes al voor die Boland kampioenskappe in orde gewees het. Ook die Wes-Kaapse kampioenskappe wat Saterdag gehou is, moes as proeflopie gedien het vir die komende naweek se SA kampioenskappe.”
“Die departemente van Sport en Onderwys spandeer sowat R8 miljoen om 3000 skoolatlete dié naweek na die Paarl te stuur vir die kampioenskappe - maar die stadion se fasiliteite is nie op standaard nie,” sê Stander.
“Die aangrensende velde moes as opwarmingsareas vir die atlete gebruik word, maar Saterdag word daar twee krieketwedstryde gespeel.”
Die vrouetoilette sonder slotte en die manstoilette sonder deure is ook al berug.
En om alles te kroon, vreet die vlooie jou op terwyl die plaag van krieke in die kantoorrekenaars skuiling soek.
“As die Munisipaliteit nie wou gehad het ons moet die SA’s hier hou nie, moes hulle ons vroeër gesê het,” sê Stander.
Benewens die 3000 atlete sal 1000 ondersteuningspersoneel en sowat 20 000 toeskouers die naweek se byeenkoms bywoon.
Volgens Albert van der Merwe, munisipale hoof van parke, sal alle deure, knippe en toilette voor die naweek herstel word. Die tydleesstellassie word ook verbeter en die toegangshenk na die opwarmingsarea is aangebring.
Daarby het hy ook bevestig dat die hele stadion Dinsdag bespuit is vir krieke en vlooie.
“Een bespuiting het reeds plaasgevind, maar weens die aantal byeenkomste die afgelope maande kon ons nog nie weer spuit nie.”
“Ek het mnr Stander se versoeke op 9 Februarie ontvang. Dit beloop egter miljoene rande, onder andere die opgradering van die hoofstadion se ligte (sowat R1 miljoen), aankoop van elektroniese tydapparaat (R118 000), aankoop van bykomende matte en paal- en hoogspringapparaat (sowat R200 000), lugversorging in die onthaalarea en skuif van die heining weens veiligheidsredes.
“Ek het vroeër reeds aan hom verduidelik dat daar nie op die huidige begroting die nodige fondse is nie.
“Drakenstein Munisipaliteit het in die huidige finansiële jaar reeds R43 000 spandeer om die stadion gereed te kry vir die byeenkoms.
“Daar word tans onderhandel om die een krieketwedstryd na die Parysveld te verskuif.”
Om stalletjies te huur, kontak Ivor Collins by 083-346-3889 of 862-3480.
* Organisers of the SA high schools athletics in Paarl this weekend are concerned by the condition of the Dal Josaphat Stadium.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za