Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vendôme vier kunste

Vendôme vier kunste
 
2005-09-29


VENDôME, langs die N1 in Suider Paarl hou ’n ‘Celebration of Art’ week van dié Saterdag tot Saterdag 7 Oktober, waar die klem val op positiewe en opbouende kuns.

Deur die kunsweek aan te bied, poog Vendôme om kuns te bevorder en die kunstenaars te bemagtig.
Kuns is ’n medium waarmee met die wêreld gepraat word sonder om ’n woord te sê.

“Met die week wil ons kunstenaars aanmoedig om positief en opbouend met die wêreld te praat deur hul kuns. Kuns is ’n manier vir sukkelende mense om uit die armoedegreep te kom. Kyk na al die entrepreneurs langs die pad met hul handgemaakte goed.”

Zandberg Jansen het die volgende om te sê oor een van die kunstenaars: “In die omtrek van 1910 het ’n kunstenares, Florence Thwaite van die Hugenote Kollege, Wellington, na vore getree as een van die mees voortreflike botaniese kunstenaars in die land toe sy genader is deur die wêreld-erkende botanikus, Rudolf Marloth om mee te werk as een van die illustreerders van sy vyf volumes, The Flora of South Africa.

“So pas het Wellington bewus geword van nog ’n botaniese kunstenaar van fenominale talent, Simthembile Kewuti, ’n 24-jarige man wat van tradisionele Xhosa prentjies gepromoveer het na ’n kunstenaar van ongekende talent onder die wakende oog van Mariëtte van Velden, bekende kunstenaar van Wellington.

“Dit is nie vergesog om te sê dat Simthembile binne afsienbare tyd moontlik erkenning vir sy werke sal kry nie.”

Simthembile se kuns sal te siene wees tydens die week. Sy kunsmateriaal word deur die Rapportryers geborg. Die ure is weeksdae van 09:00 tot 16:00 en Saterdae van 08:00 tot 12:00.
Navrae by 863-3905.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za