Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel trap Kraaie

Pniel trap Kraaie
 
2010-08-12


DIE rugbyspan van Pniel Villagers het Saterdag sy sesde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hulle die span van Kraaifontein met 36-25 geklop het.

Pniel het sodoende sy status behou deur onoorwonne te bly in die tweede ronde van die WP Superliga B-kompetisie.

Hoewel Kraaifontein alles probeer het om punte uit dié wedstryd te verdien, was die tuisspan se verdediging net te sterk en kon die bonusdrie nie behaal word nie.

Vir Pniel was die slot Murdow Dreyer ’n yster. Hy het dikwels die oog gevang met goeie dryfwerk en reuse werk in die vastelos. Hy is goed bygestaan deur sy slotmaat en kaptein, Radley Lackay.

Pniel se losvoorspelers, met Garland Alberts aan die spits, het hard geswoeg op die grond om balbesit om te keer.

Pniel se driedrukkers was Enrico du Preez, Gavin Petersen (2 drieë), Fernando Adams, Wade Stubbs en Eugene Francis. Stefanus Cedras het met drie doelskoppe geslaag.

Villagers se tweede span het ’n weghol-oorwinning van 74-0 behaal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za