Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe saal goedgekeur

Nuwe saal goedgekeur
 
2010-08-12


DIE Drakenstein Munisipaliteit gaan meer as R17 miljoen opdok vir die nuwe veeldoelige sentrum wat binnekort in Van der Stelstraat in Paarl-Oos gebou gaan word. Dit word opgerig langs die Orleans-sportvelde oorkant die woonbuurt Chicago.

Indien alles volgens plan verloop behoort die bouwerk vroeg aanstaande jaar te begin en aan die begin van 2012 voltooi te word.

Die Burgemeester se bestuurskomitee het verlede week die groen lig gegee dat die kwotasie van net meer as R17,5 miljoen vir dié projek goedgekeur word.

Aangesien die munisipale raad nou jaarliks minder vergader, sal ’n spesiale raadsvergadering belê word om dié transaksie aan die gang te kry.

Die rede vir die vinnige besluit is dat die koste elke maand met meer as R100 000 styg.

Dié sentrum gaan nie net ’n saal hê waar 500 mense kan vergader nie, maar sal oor ’n werkswinkel, verskeie kantore en verskeie raadsale beskik.

Die totale oppervlakte van die sentrum beloop net meer as 2000 vk meter.

Verskeie bestuurskomiteelede en senior amptenare het die besluit verwelkom en genoem dat so ’n sentrum verskeie wyke kan bedien.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za