Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose wen naelskraap

Rose wen naelskraap
 
2010-08-12


ROSES UNITED moes verlede Saterdag alles in die stryd werp om Villagers Worcester op Wellington met 24-22 te klop.

Die rustydtelling was 21-7 in die guns van die Rose.

Roses United lê nou tweede op die Boland Premierliga-punteleer ná Wesbank. Laasgenoende span het egter twee wedstryde meer as die Rose gespeel.

Die besoekers het die Rose uit die staanspoor op die agtervoet gehad met goeie agterlynspel.

Die volgehoue druk het daartoe gelei dat die besoekers gou met 7-0 voorgeloop het.

Die Rose het hierna hergroepeer en stadig maar seker hul stempel op die wedstryd begin afdruk.

Ná puik drieë deur Mo Schroeder, Wayne Matthee en Christopher Adams, het die Rose met rustyd welverdiend voorgeloop met 21-7. Cheslin Fredericks was suksesvol met al drie doelskoppe.

Ná rustyd het Frederick die oorwinning vir die Rose verseker met ’n skitterende strafdoel.

Voorlangs het die vurige slot, Hyco Jacobs, weer sy staal getoon met briljante spel. Wayne Matthee (senter) het ook beïndruk met sy goeie kraglopies.

Ná rustyd het die besoekers verwoed teruggeveg en die uitslag van die wedstryd was tot diep in beseringstyd nog in die weegskaal. Die Rose het egter met goeie verdediging verseker dat hulle as oorwinnaars uit die tree.

* Roses pak eerskomende naweek vir Wellington in ’n derby-kragmeting op die Boland B-veld.

Wellington sal hulle moet staal vir ’n verwoede aanslag aangesien nege van die Rose se provinsiale spelers beskikbaar is vir dié wedstryd.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za