Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reagan 'was nie gewapen'

Reagan 'was nie gewapen'
 
2010-08-12

Liezl Dyson

’n MATRIEKSEUN wat vroeër vanjaar gesterf het, is gedenk tydens die onlangse derby tussen Klein Nederburg en New Orleans Sekondêr.

Reagan Wessels was ’n lid van KN se eerste rugbyspan, wat verlede week koning gekraai het oor hul opponente.

By dié geleentheid is sy ma, Ragmat, wat haar seun se rugbytrui trots gedra het, skouerhoog van die veld gedra.

Reagan (18), ook bekend by baie as Biggy, was ’n gewilde leerder by die skool.

Hy is deur sy skoolmaats onthou tydens vanjaar se derby-kragmeting, toe van die leerders Biggy op hul gesigte laat verf het.

Wessels is op 17 April ná ’n onderonsie voor ’n winkel in Klein Drakensteinweg met ’n mes doodgesteek.

Luzane Hendricks (20) is vir die moord op Wessels aangekla en het verlede week weer in die Paarl Streekshof verskyn.

Hendricks se regsverteenwoordiger, Frik Coetzee, het vroeër aangedui dat sy kliënt gaan erken dat hy Wessels gesteek het, met die verweer dat dit selfverdediging was.

Tydens dié hofverrigtinge het die staat se laaste twee getuies in die moord-saak getuig.

Fabian Green, ’n vriend van Wessels wat saam met hom was die dag van die voorval, het getuig dat hy en Wessels in die motor vir hul vriend (Diego Snyders) gewag het wat geld gaan trek het by die Shoprite in Klein Drakensteinweg, toe Wessels vir Hendricks sien en oor die pad na hom toe gaan.

“Reagan het gesê daai is die jong wat my aangerand het.

“Hy het uit die kar geklim en oor die pad gehardloop, toe is ek agterna.”

Volgens hom het Hendricks reeds met ’n mes in sy hand gestaan toe hy by die twee aankom.

“Hulle het begin stry en mekaar in die rondgestoot. Reagan het vir Lukie (Luzane) geklap en Lukie het gesteek.”

Hy het verder getuig dat Hendricks en Wessels regoor mekaar gestaan het toe Hendricks vir Wessels gesteek het.

“Die antie wat daar gestaan het, het die mes gevat en hy het gehardloop.”

Volgens Green het hy agter Hendricks aangehardloop, maar kon hy hom nie inhaal nie.

Die staat se laaste getuie, Gerswin August, het ook getuig dat hy gesien het hoe Wessels en Hendricks argumenteer.

“Biggy (Wessels) wou met Luzane baklei. Hy het vir Luzane geklap en die tyd wat hy vir Luzane klap, toe steek Luzane hom met die mes,” het August ge­tuig.

Hy het getuig dat hy gesien het hoe Wessels se T-hemp vol bloed raak en hoe die bloed by sy linkerskouer afgeloop het.

Die verdediging het aangevoer dat Wessels ’n vuurwapen op hom gehad het. maar beide getuies het ontken dat hulle ’n vuurwapen gesien het. Die saak is uitgestel tot 15 Oktober vir die verdediging om getuies te roep.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za