Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hou op ons skool afbreek, vra skoolhoof

Hou op ons skool afbreek, vra skoolhoof
 
2010-08-19

Devidean Moses

MAANDAGOGGEND om 08:00 het Samuel Daniels, opsigter van LK Zeeman Primêr, soos gewoonlik die toilette van die skool gaan oopsluit en ontdek dat een van die sekuriteitshekke by die seunstoilette afgesteel was.

Konstabel Christopher Abrahams en sy kollega het vroeg die oggend vingerafdrukke gaan neem, omdat LK Zeeman besluit het dat hulle genoeg gehad het van diewe wat die skool net wil afbreek.

Konstabel Abrahams beskryf hierdie gebeure as opsetlike beskadiging en diefstal.

“Hierdie skool het al baie keer vantevore hekke soos dié verloor. Die skool kort meer sekuriteit en buurtwagte wat kan help om die skool op te pas,” sê hy.

Aan die begin van die kwartaal, ná die skoolvakansie, is daar ontdek dat LK Zeeman se kragdrade afgesteel was, wat die hoof-kragbord beskadig het en die skool in donker gehul het.

Die diewe het toegang tot die skool gekry deur die plafon en dit sodoende beskadig.

Volgens skoolhoof Fabian Meyer het die skade wat hulle ly groot finansiële implikasies vir die skool en dis hoekom die skool gedurende die Junieskoolvakansie sonder sekuriteit moes bly. Meyer en sy personeel het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om eienaarskap van die skool te neem, hul oë op die skool te hou en onmiddellik ongerymdhede aan te meld.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za