EK het onlangs ’n motor verkoop en is na die verkeersdepartement vir die nodige dokumentasie. My ontvangs en die reaksie op my navrae het my druipstert vanaf die Paarl na Wellington laat ry. Wat ’n positiewe ervaring en diens kry ek daar van me Zukie Matshotyana.
Al my dom vrae is geduldig beantwoord en die transaksie binne enkele minute voltooi. Baie dankie Zukie vir jou skitterende diens!
H Louw