ONS as leerders van New Orleans Senior Sekondêr wil vir ons eerste span net baie dankie sê vir die opwindende spel wat julle Saterdag 7 Augustus tydens die derby teen Klein Nederburg gelewer het. Julle het sowaar julle harte uitgespeel.
Die ongelooflike prestasie van ons span sal vir altyd en altyd deel wees van ons geheue. Vir ons het dit nie soveel gegaan oor die punte op die telbord of aan wie die beker toegeken was nie.
Julle het waarlik die Paarlse rugbykykende publiek tot stilstand gebring en sodoende het julle ons skool se naam hoog gehou.
As span het julle daarin geslaag om uiters ondernemende en aanskoulike rugby te speel.
Baie dankie aan al die spelers en afrigters van al ons sportkodes vir jul toewyding en entoesiasme asook vir jul uitstekende prestasies.
Julle het sowaar die trofee van trots vir ons skool gebring.
Klas 12C