Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie aan Samaritane

Dankie aan Samaritane
 
2010-08-19


DINSDAGOGGEND 17 Augustus sluit my sestien maande oue seuntjie homself per ongeluk in my motor toe met die sleutels, en ek spring verskrik op en af op die sypaadjie toe ek besef wat aangaan.

Gelukkig stop twee baie vriendelike manne in ’n bakkie dadelik toe hulle die mamma in nood gewaar, en vra of hulle kan help.

Nadat ek met ’n paniekerige stem verduidelik wat gebeur het, bied die een dadelik aan dat ek sy selfoon kan gebruik om my man te bel om met ’n spaarsleutel die situasie te kom beredder.

“Mevrou, hier’s nie baie airtime op nie, maar gebruik gerus my foon.”

Terwyl ek met my man praat en beduie waar my spaarsleutels is, vermaak die ander man solank vir boetie van buite die motor.

Hy verwonder hom aan die man en sy manewales, en kort voor lank lag my seuntjie dat jy al ses sy tande kan sien!

Nadat hulle seker gemaak het my man was wel op pad, is hulle daar weg, en kort voor lank het ons vir boetie uit die kar - en danksy die vriendelike manne, nie eens getraumatiseerd deur wat gebeur het nie! Hy lag nog steeds van oor tot oor.

Baie dankie menere, dat julle julle ontferm het oor ’n paniekerige vrou en gestop het om te help.

So bou ons mos aan ons nuwe Suid-Afrika.

Dankbare mamma




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za