Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koor tree op in Toringkerk

Koor tree op in Toringkerk
 
2005-09-29


DIE Le Choeur Ad Hoc koor tree Sondag om 19:00 in die Toringkerk op. Toegang is ’n kollekte by die deur.

Die koor bestaan uit lede van verskeie kore van Kaapstad, Stellenbosch en Paarl.

Hulle oefen van Meimaand af saam onder leiding van Rochelle Oelofse van die Oos-Kaap.

Die soliste wat saam met die komitee optree, is die bekende Kaapstadse orrelis, Grant Brasler, André Howard (bariton) van Stellenbosch en Antoinette Gibson (mezzo-sopraan) van Kaapstad.

Gibson word begelei deur Marelise Fourie op die tjello.

Die program bestaan uit Maurice Duruflé se Requiem (Op 9) en sy Quatre Motets Op 10 (Vier Mottete).

Twee orrelwerke word ook deur Brasler uitgevoer: Prélude, Adagio et Choral Varié sur le thème du ‘Veni Creator’ en Fugue sur le thème du Carillon des Heures de la Cathédrale de Soissons.

* Die program word Saterdag 8 Oktober om 19:30 herhaal in die St Georges Katedraal, Kaapstad.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za