Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hou op kla en doen iets met jou vullis!

Hou op kla en doen iets met jou vullis!
 
2010-08-19


BAIE mense kla oor die vullis in die Paarl. My ervaring met die meeste mense is dat hulle nie juis baie omgee waar hulle hul vullis (huis of tuin) stort nie. Daar is geen werklike respek vir skoonheid van die omgewing nie. Dit maak nie saak of dit onderwyser of kerksuster is nie - enige plekkie is welkom om ontslae te raak van jou rommel, maak nou nie saak of jy betaal vir vullisverwydering by die munisipaliteit nie.

Meneer en suster asseblief, respek begin by jouself, want volgende keer wanneer jy die kinders vra wat het geword van respek vir ouer mense, dan moet jy weet waar dit vandaan kom.

Wanneer daar ongenooide gaste soos vlieë en goggas in jou huis kuier, dan moet jy eintlik vir jouself sê, “Hierdie kuiergaste het ek self genooi na die buurt”.

Dit help nie jy spog met die mooiste huis en tuin terwyl jou vullis by ’n nabygeleë openbare plek gestort lê en vrot nie.

Daar is diegene van ons wat verkies om in ’n skoon buurt te leef, en dit is nie onmoontlik as almal hul samewerking gee en vullisherwinning steun nie.

Daar word gesê soos jy leef sal jy sterf, met ander woorde soos jy vullis stort sal jy sterf - ’n gemors, ongeag wat jy bereik het in die lewe.

Joshua van Schalkwyk




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za