Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom skuif die Liggiesfees?

Hoekom skuif die Liggiesfees?
 
2010-08-19


NA aanleiding van die kennisgewing dat die Liggiesfees gaan skuif van Lady Grey-straat in die Paarlse middedorp na Klein Drakensteinweg in Paarl-Oos, lyk dit vir my of die Apartheidsjare weer met ons is. Daar doen die Munisipaliteit dit toe weer!

Wat dink die mense van die Vaalgebou - ons moet nou tevrede mees met liggies langs die Stoepe wat nie eens 2000 mense (as ons gelukkig is) kan hanteer nie? Ons weet tog almal wat gereeld die fees bywoon dat daar duisende mense (15 000?) opdaag.

Ek is altyd deel van die Sondagaand se Carols by Candlelight en hoe sien mens so iets op die Stoepe waar daar ge-drag word met karre? Boonop nog waar mense met hul drank op die karre se dakke staan!

Ons as gesin het altyd daarna uitgesien om as familie (broers, susters, kinders en kleinkinders saam die fees in die middedorp by te woon. Dit was ’n uitstappie vir al ons kinders.

Moet ons dan nou op ’n uitstappie gaan van die agterdeur na oorkant die straat? Ek leef in hierdie area - dit sal glad nie ’n plesier wees om in dié omstan-dighede (naby ’n drankwinkel) fees te vier nie.

Was al die besigheidsmense en die gemeenskap genader oor hierdie verskuiwing? Word die fees dan nou net vir Paarl-Oos gereël? Wat van Mbekweni, Groenheuwel en Chicago - gaan hulle nou ook hul eie feeste kry? En wat van die mense oorkant die rivier? Wat is daar in Paarl-Oos te sien? Ons soek ’n fees in die dorp om shopping te doen, met restaurante vir die ou mense om te gaan sit. Of word daar dalk ’n nuwe Spur in Paarl-Oos geopen waarvan ons nie weet nie?

Hoe veilig is ons mense of wil die Munisipaliteit die misdaadstatistiek verhoog? Dit sal binne die eerste uur van die fees met welslae gedoen word.

En waar gaan die merry-go-round wees, of gaan dit ons kinders ook ontneem word?

Wonder maar net liggies




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za