Vrou se liggaam uitgeken
2010-08-19
DIE vrou wat twee weke gelede vermoor aangetref is in Wellington, is verlede week geïdentifiseer as Katharina Goosen (55). ’n Fabriekswerker het op 3 Augustus afgekom op ’n versteekte liggaam tussen bourommel agter ’n fabriek in Versaillesstraat. Sy is gevind met slegs ’n hemp aan. Goosen, wat in Bloekomlaan, Hillcrest, gewoon het, is waarskynlik versmoor en forensiese toetse sal vasstel of sy verkrag is. Twee maande gelede is die lyk van ’n straatvrou, Moira Fredericks, naby die spoorlyn, ook agter ’n fabriek, in Versaillesstraat gevind. Sy is verwurg en verkrag. Enigiemand met inligting wat verband hou met dié twee moorde kan a/o Hein van der Spuy skakel by 021-864-9600.
More
News
|