Noorder-Paarl klop Paulus Joubert
2010-08-19
DIE eerste rugbyspanne van Noorder-Paarl en Paulus Joubert Sekondêr was Saterdag in 'n taai derby-wedstryd gewikkel op die Faurestraat-stadion.
Noorder-Paarl het uiteindelik 12-9 gewen.
Paulus Joubert het strawwe teenstand gebied en deurgans NP se verdediging op die proef gestel.
Beide spanne se verdediging was egter rotsvas, met die gevolg dat geen drieë aangteken is nie.
Die wedstryd was uiteindelik deur strafskoppe beslis.
More
News
|