Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Helené Bester op die planke

Helené Bester op die planke
 
2010-08-19


DIE sangeres Helené Bester is Saterdag 28 Augustus om 20:00 op die planke by die Ou Meul-teater. Haar musiek is ’n positiewe klankprentjie oor die liefde en die lewe, met ligte ritmes, sorgelose vrolikheid en innige hartstog.

Die melodieë is luisterryk en die lirieke is gepoets met omgee en deernis.

Sy bekoor met haar suiwer fluweelstem en sy vertolk met innige oorgawe.

Die gehoor kan uitsien na die treffers 10 minute (deur Johan Oberholzer en Neil Schoombee) en Ek wou jou gesoen het (met lirieke deur Sarah Theron).

En dan luister jy met afwagting na van haar ander liedjies - en opnuut word jy bewus van die prag van komposisies soos Pappa, Oorgee, Mansmens van my, Wens, Hou van jou en nog meer. Kaartjies is R70. Bespreek Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za