KOM lag lekker saam wanneer Lagnes sorg vir lekker vermaak op Vrydag 27 Augustus om 20:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl.
Lagnes is gesonde improvisasie-komedie vir die hele gesin. Die vertoning is geskoei op die gewilde TV-reeks, “Whose line is it anyway”. Wat jy dus op die verhoog sien, dink die Lagnes-Monsters net daar uit. Daar is geen vooraf uitgewerkte teks nie, so die gehoor se idees word deurentyd ingewerk om dinge interessant te maak.
Geen vertoning van Lagnes is ooit dieselfde nie, en is definitief ’n prikkel vir jou lagspiere.
Enigiets kan en sal op die verhoog gebeur, dit hang alles van die gehoor af. Te sien in Lagnes is Burgert Kirsten, Dian Wessels, Francois Esterhuize en Rico Wessels. Kaartjies is R25. Bespreek by 083-564-0056.