Sportdagboek
2010-08-19
BASKETBALL
Boland u.16 basketball trials for girls and boys will be held at Paarlzicht Primary on Friday 20 August at 14:30. Athletes must bring their ID books and clothes to wear for the practice.
PADWEDLOPE
* Bainskloof Ultra-marathon: Die Bainskloof Ultra-marathon 68,3km, 21,1km en 6km pretdraf vind plaas op 24 September op Wellington. Die wegspring is by Hugenote Hoërskool. Skakel 083-232-0532 Estelle of e-pos info@bainskloofultra.co.za.
* The Gathering’s Annual Run: Op 16 Oktober 09:00 skop die jaarlikse ‘Gathering’s 10km Run’ af vanaf die Jeugsentrum, Orleanslaan 35, Paarl. Vanjaar gaan 6 plaaslike skole elk 60 kinders inskryf vir die wedloop en die res van die atlete vanaf plaaslike atletiekklubs. Daar word beoog om 500 deelnemers te bereik. Die ‘Gathering’s Annual 10km Run’ is ’n nie-winsgewende kerkorganisasie wat intensief betrokke is by gemeenskapsontwikkeling in die Paarl en omliggende area. Kontak 082-487-4671 of 079-724-4101.
* Adam Kock 10km Padwedloop: Die tweede Adam Kock Padwedloop, aangebied deur Athletics Alive Atletiekklub, vind plaas op 18 September vanaf Zomerlust Spar in die hoofstraat. Die 10km wedloop begin 08:00 en die 5km Pretloop om 08:15. Kontak A Sulaiman by 021-862-9333 of 072-435-9682.
* Jonkershoek Half-marathon: Die Jonkershoek Half-marathon en 5km Pretstap vind 28 Augustus plaas vanaf 07:30 en spring weg by die Coetzenburg-stadion te Stellenbosch. Kontak Chris Davids by 083-315-0773.
KRIEKET
* Young Peoples Krieketklub: Young Peoples is besig met sy voorbereiding vir die komende krieketseisoen. Oefeninge vind Dinsdae,- en Donderdae 18:00 plaas op Daljosafat. Net-oefeninge begin Donderdag 19 Augustus vanaf 17:00 tot 19:00, met vriendskaplike wedstryde op 11 en 18 September. Vriendskaplike wedstryde sal gespeel word teen Robertson, Milnerton, Durbanville, Edgemead en Glamorgan. Kontak Harry by 083-956-3266.
* Paarl-Oos Krieketklub: GMT Paarl-Oos se algemene jaarvergadering vind plaas op 22 Augustus om 14:00 te New Orleans klubhuis, waar die toer na die Oos-Kaap beplan sal word. Die klub oefen Vrydagaande in die nette by Boland Park vanaf 20:00.
* Drakenstein Edu Krieketklub: Drakenstein Edu Krieketklub se oefeninge verskuif vanaf 21 Augustus na New Orleans se velde vanaf 17:00. Oefeninge geskied Dinsdae, Woensdae en Donderdae. Die klub se net-sessies by Boland-Park is elke Vrydag vanaf 20 Augustus tot 24 September om 19:00.
* Paarl Krieketklub: Paarl Krieketklub se oefeninge vind Maandae en Woensdae om 18:00 te Boland Park plaas. Nuwe lede is welkom. Kontak Lyndon by 082-710-5116. Die klub se algemene jaarvergadering is 29 Augustus om 15:00 in die klubhuis. Nominasies moet die sekretaris voor 22 Augustus bereik. Die bekeruitdeling vind Saterdag 4 September plaas om 19:00 in die klubhuis. Kaartjies kos R50.
PAARL SPORTFORUM
Die Paarl Sportforum vergader Maandag 23 Augustus in die Huguenot Gemeenskapsaal om 20:00. ’n Hoofbesprekingspunt sal handel oor die toestande van die sportgeriewe. Klubs wat nog nie hul jaarlikse subskripsies betaal het nie, kan dit tydens dié geleentheid afhandel. Kontak Sammy Andrews by 082-305-1643.
GRAVEL TRAVEL
THE Wellington Gravel Travel mountain-bike event takes place at Diemersfontein Wine and Country Estate on 28 August. The 65 km route will be challenging, but within reach of the fit rider. The 30 km route is similarly exciting, but you will spend less time in the saddle. This will give you more time to enjoy the food and wine offerings at the finish. Visit www.graveltravel.co.za.
More
News
|