Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Breytenbach-sentrum bou beeld uit vullis

Breytenbach-sentrum bou beeld uit vullis
 
2010-08-19


DIE Breytenbach-sentrum nooi alle Wellingtonse skole, groepe en individue uit om deel te word van ’n opwindende projek waarin ’n reuse beeld uit straatvullis gemaak sal word.

Gavin Risi, ’n bekende visuele kunstenaar wat ’n studio vanuit die Breytenbach-sentrum bedryf, sal met die optelgoed ’n reusagtige mense-figuur in die sentrum se tuin oprig. Hierdie beeld sal te sien wees tydens die sentrum se feesweek wat aangebied sal word vanaf 8 tot 13 November.

Hierdie projek het ontstaan uit die dringendheid om Wellington se strate te help skoonhou en om veral jong mense bewus te maak van die belang om die dorp netjies te hou en die natuurskoon te bewaar. Daarom word die uitnodiging veral aan leerders gerig om betrokke te raak. Met blikkies en bottels gaan Gavin Risi wys, kan daar kuns van gemaak word.

Om deel te word van hierdie projek, kontak die Breytenbach-sentrum by 021-873-2786 of stuur ’n e-pos na info@breytenbachsentrum.co.za. Dié projek word moontlik gemaak deur die National Arts Council (NAC).




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za