Hayashi-Ha, die skool van kampioene
2010-08-19
Jaco van Wyk
HAYASHI-HA Karate het tydens die onlangse SA Senior Alle Style-kampioenskappe in Durban voortgebou op verlede jaar se prestasies, om weer vanjaar as die top styl in Boland gekroon te word. Boland het altesaam met 11 medaljes teruggekeer, waarvan Hayashi-Ha vir tien medaljes verantwoordelik is. Veral Etienne Marais het die tonge los gehad, aangesien hy vir die tweede jaar in ’n ry gekroon is as die SA individuele kata-kampioen. Etienne het ook saam met Marcello Ross en John Solomon deurgedring tot die finaal van die unison-kata vir senior mans, waar hulle uiteindelik ’n brons medalje verower het. Hayashi-Ha se unison-katadames span, bestaande uit Berelle-Dean Hoffman, Robin Fortuin en Shiela Panyeka, het ook brons gewen in die unison-kata senior dames-afdeling. Dié span het onlangs ook silwer verower tydens die Sone 6 kampioenskappe in Zimbabwe. Tydens die SA’s het Hoffman ook silwer gewen in die individuele kumite vir dames o.50kg, terwyl Fortuin en Panyeka beide brons medaljes verower het in die individuele kumite, oor 55kg en o.55kg onderskeidelik.
More
News
|