Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United trap Wellington

Roses United trap Wellington
 
2010-08-19


ROSES UNITED het verlede Saterdag die span van Wellington oortuigend met 47-20 geklop nadat hy rustyd nog met 13-14 agter was.

Die twee spanne het goed teen mekaar opgeweeg en dit was veral Wellington wat vroeg voorlangs hul stempel afgedruk het.

Wellington se twee drieë voor rustyd was, alhoewel teen die verloop van die spel, nie heeltemal onverdiend nie. Namate die wedstryd gevorder het, het die Rose, onder leiding van hul kaptein en agsteman Ignatius Korabie, ook hul stem voorlangs begin dikmaak.

Ná rustyd het die Rose se agterspelers hulle deeglik laat geld met skitterende agterlynbewegings.

Dit was veral Wayne Matthee (senter) en Justin Morgan (linkervleuel) wat beïndruk het met goeie aanvallende spel. Vier skitterdrieë was die gevolg hiervan.

Roses se speler van die wedstryd was ongetwyfeld sy blitsige losskakel, Ryan Jordaan. Benewens sy puik breekslae, het Jordaan die manne van Wellington talle kere moedeloos gehad met sy reuse-kantlynskoppe.

Roses se driedrukkers was Justin Morgan (3 drieë), Hilbert Jacobs, Cupido Adams, Kyle Jordaan, Zain-Ashleigh Fortuin. Wayne Matthee (2) en Ryan Jordaan het doelskoppe behaal. Percival Williams en Wayne Matthee het elk een doelskop behaal.

Vir Wellington het Wesley Kotze en Bernie Hugo drieë gedruk. Nickus Bergh het 2 strafdoele en 2 doelskoppe behaal.

Die Rose pak eerskomende naweek die span van Black Leaves op Gansbaai. Die Rose sal op hulle beste moet wees vir dié wedstryd, aangesien Black Leaves hulle vroeër vanjaar ’n skoknederlaag toegedien het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za