Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmuseum en -monument vier 35-jarige bestaan!

Taalmuseum en -monument vier 35-jarige bestaan!
 
2010-08-19


* Vrouemaand gesondheidspraatjie in samewerking met The Lofted B&B
Kom luister na verskeie sprekers, waaronder Herman Uys, skrywer van die topverkoper “God se apteek: jy is wat jy eet en jy is wat jy nie eet nie”. Bring 'n skenking van vars vrugte en/of groente saam vir die kerk se sopkombuis. Ligte verversings ingesluit.
Die gesondheidspraatjie vind plaas op 29 Augustus om 15:00 by Bethel Congregational Kerksaal, Paarl-Oos. Koste is R40 (beskikbaar by die museum en die kerk).
* Opening van uitstalling: Vroeë geskrewe Afrikaans
Die uitstalling het vier temas, naamlik die heel vroegste geskrifte, Afrikaans in Arabiese skrif, die GRA en Bybelvertaling in Afrikaans. Dit sluit in 'n transkripsie van Afrikaans soos gepraat deur slawe; en dokumente deur koloniste.
Die uitstalling vind plaas op 1 September om 12:30 by die Taalmuseum Historium. Toegang is gratis (RSVP teen 26 Augustus)
* Erfenisdag opvoedkundige program in samewerking met Paarl Museum
ʼn Spesiale opvoedkundige program met die tema “inheemse kennis” vir graad 4- tot 6-leerders word gehou op 7 September vanaf 09:00 tot 12:00 by Amstelhof Primêr skoolsaal, Paarl-Oos. Sprekers wat Suid-Afrika se diverse kultuurgroepe verteenwoordig, sal hul kos, geloof en gebruike aan die leerders bekendstel.
Toegang is gratis (RSVP teen 1 September).
* Mongoose Downhill bergfietsreeks
Die laaste rondte van die Mongoose Downhil bergfietsreeks vind op die Taalmonument se fietsrybaan plaas op 11 en 12 September. Kostes is R250. Vir navrae, kontak Chris Nixon (082-376-5620).
* Erfenismaand opedae: Terug na 1875
Vanjaar 135 jaar gelede is die GRA in dié destydse huis van Gideon Malherbe gestig. Kom ervaar hoe die lewe destyds was en poseer vir 'n foto in klere van toeka by die Taalmuseum. Geniet 'n ruskans by die stoepkafee op die voorstoep terwyl jy luister na liedjies van weleer vanaf 23 tot 26 September (10:00-14:00). Die Vrydag eindig dit om 15:00. Koste is R12/R5/R2 by die deur.
* Volmaanpiekniek by die Taalmonument
Bring die hele gesin en kom kuier in ons tuin! Pak jou eie piekniekmandjie of bestel een by Volksmond Koffiewinkel (021-863-2800). Die piekniek word gehou op 23 September vanaf 17:00 tot 22:00 (sonsondergang 18:43, maanopkoms 19:01). Onthou jou flits en warm klere. Veilige parkering en toegangsbeheer. Geen honde en vure. Volmaanpieknieks is ook geskeduleer vir 23 Oktober, 20 November en 21 Desember. Koste is R12/R5/R2 by die hek.
* Cultivaria: Kreatiewe skryfsessies
'n Informele werkswinkel deur meestersgraadstudent Anmar le Roux, wat fokus op verbeeldingstimulering, karakterskepping aan
die hand van klei en musiek, en kort gedigte soos die haiku en tanka.
Die skryfsessie vind plaas op 23 September vanaf 08:30 tot 12:30. Kostes is R150 (ligte verversings ingesluit en dit word gehou by die Taalmuseum Historium.
* Cultivaria: Ommietafel met stories in samewerking met LitNet
Kom vier Erfenisdag met stories soos vertel deur die Afrikaanse ikoon Soli Philander, die hip-hop-digter en musikant Jitsvinger, (van “Afrikaaps” faam), die skrywer Jaco Kirsten, die digter Melt Myburgh en Martelize Brink van RSG as seremoniemeester op 24 September (12:00-14:00) by die Taalmuseum Historium. Koste is R150 (buffet-ete en Leopard's Leap wyn ingesluit).
* Sterrekykaand: Dans van die planete in samewerking met die Orion Obser-vasie Groep (OOG)
Kom ontdek die wonders van die naghemel deur OOG se teleskope. Pak jou eie piekniek-mandjie of bestel een by Volksmond Koffiewinkel (021-863-2800) op 9 Oktober 18:00 tot 23:00 by die Taalmonument. Bring verkykers en warm klere saam. Geen honde en vure. Veilige parkering en toegangsbeheer.
* Sterrekykaande is ook geskeduleer vir 6 November (Groet die Skerpioen) en 11 Desember (Bethlehemster).
Kostes is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders (by die hek).
* Taalmonument Pretstap
Stapentoesiaste kan solank begin oefen vir die Taalmonument Pretstap op 10 Oktober, die Taalmonument se 35ste verjaarsdag. Daar is 'n 9.5km en 'n 4km roete. Kuier die res van die dag by die Monument se Pretdag vir oud en jonk.
Die Pretstap vind plaas vanaf 08:00 tot 10:00. Koste is R20 (4km) en R30 (9.5km).
* Pretdag vir oud en jonk by die Taalmonument
Bring die hele gesin en kom vier ons 35ste verjaarsdag. Op die program is musiekoptredes, vermaak en speletjies soos Afrikaanse Scrabble, buitelug-skaak en boules. Pak jou eie piekniekmandjie of bestel een by Volksmond Koffiewinkel (021 863 2800).
Die Pretdag vind plaas op 10 Oktober vanaf 08:00 tot 20:00. Koste is R12/R5/R2 by die hek (gratis vir pretstap deelnemers).
* Konserveringskursus
ʼn Intensiewe driedaagse kursus in boekherstelwerk en papierkonservering aangebied deur konserveringskenner Johann Maree. Geen kennis of vaardighede word benodig nie. Toerusting in/uitgesluit. Verversings ingesluit.
Die kursus vind plaas vanaf 26 tot 28 Oktober vanag 09:00 tot 13:00 en 14:00 tot 16:30 by die Taalmuseum Historium. Kostes is R1 300/R1500.
Vir navrae, skakel 021-872-3441 of 076-017-6026.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za