WAT ’n plesier om die onlangse derby tussen Hoërskool Noorder-Paarl en Paulus Joubert Sekondêr by te woon. Ek is baie trots op alle leerders en oud-studente wat die dag so onvergeetlik gemaak het.
Ek was baie beïndruk met die passie en goeie gedrag van NP se leerders. Ondanks kritici is dit duidelik dat daar baie goeie dinge aan die gebeur is by dié skool.
Trotse ouer