Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kingswood College se blaasorkes tree op in Paarl

Kingswood College se blaasorkes tree op in Paarl
 
2010-08-26


LUS vir ’n bietjie opwinding? Kom luister dan gerus Saterdag 28 Augustus by Cascade Manor na Kingswood College se blaasorkes en word weggevoer met musiek vanaf die klassieke tot die moderne, vanaf jazz tot pop en ja selfs tot by ruk en rol!

Kingswood College is van Grahamstad en is deel van die verrigtinge op die program wat van 11:00 aangebied word ten bate van Butterfly House. Die orkes bestaan uit 50 lede wat houtblaas-, koperblaas- en slaginstrumente bespeel.

Ook op die program is sangers Peter Vanne en Aubrey Ngcungama wat ook sal optree.

Die konsert by Cascade Manor sal tussen 11:00 en 15:00 aangebied word. Kaartjies R120 (R40 vir skoliere) en sluit kaas, wyn en vele meer in.

Kontak Karen of Myrtle op 021-872-4060. As dit reën sal alles by Ashanti Wine Estate plaasvind.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za