VANAF 1 tot 5 September hou die Strooidakkerk ’n Lente-Tente-Fees op Klein Parys Wynlandgoed in Jan van Riebeeck Rylaan, Paarl.
Daar sal iets vir almal wees met vermaak vir oud en jonk, insluitend ’n musiekkonsert “Paarl Rock vir Jesus” op Vrydag 3 September vanaf 18:00 tot laat.
Op die program is Luidkidz, Ysterkoei, Sensor en Nic Slabber band met Martelize van Idols faam. Dieter Voigt van Pasella is die MC.
Alle hoër- en laerskoolleerders word spesiaal na die aand genooi. Daar sal ook ’n kuierplek vir ouers wees. Daar sal ook wegneemetes en CD’s te koop wees. Toegang is R30 en R20 vir skoliere (kleuters gratis). Vir navrae, kontak Nic by 083-232-3124.
) Op 1 en 2 September om 18:00 word ’n Lente-wynmark gehou. Dit is ’n unieke geleentheid om wyne te proe en te koop. Die gaskunstenaar en afslaer is Andries Vermeulen.
Daar sal wyn- en kosstalletjies wees in ’n groot markiestent. Kaartjies is R30 per persoon en proeglase word met die kaartjie voorsien.
Die kelders se wyne word dan opgeveil en die wyne word vir die res van die aand verkoop teen die prys soos toegeslaan op die hoogste bod. Daar sal ook aan die einde van die aand ’n paar spesiale wyne opgeveil word deur Appie Maritz.
Vir navrae, kontak Kosie by 083-255-7906 of Chris by 084-583-8256 of Melanie by 082-371-0069.
) Op Saterdag 4 September om 10:00 word ’n Lente-Vrouekuieroggend gehou vol verrassings met leefgoed en hartsgoed, bederf-pakkies en kunsmark.
Kaartjies is R100 by Margie du Plessis by 072-2298-396.
) Op Sondag 5 September om 10:00 word ’n diens gehou gevolg deur ’n Gesinspiekniek (etekaartjies word voor die tyd verkoop). Ds Jannie Pelser, bekende prediker en sanger, hanteer die boodskap en lof en aanbidding.
Bring jou eie komberse, kussings en/of stoele asook jou piekniekmandjie. Daar sal ook etekaartjies voor die tyd verkoop word. Almal is welkom. Vir navrae, kontak Doreen by 082-890-3843.
Die erediens by die Strooidak-kerk sal steeds om 10:00 plaasvind, vir diegene wat nie die diens en piekniek by Klein Parys kan bywoon nie.