DIE Vagina Monologues in Afrikaans is te sien op 4 September om 20:00 by die Ou Meul-teater.
Van skreeusnaaks tot diepe ontroering en ontnugtering, van Waterkloof tot Mitchells Plein, gee die Vagina Monoloë met deernis ’n stem aan vrouens (en mans) se diepste vrese en fantasieë.
Hierdie wêreldbekende kragtoer spreek tot geheime en onderdrukte gevoelens, tot wysheid en geluk en hartseer.
En ja, natuurlik ook tot seksualiteit, want saam met seksualiteit, kom ook weerloosheid - ’n lewensaspek wat vrouens én mans raak. Die eg Afrikaanse karakters eer vroulike seksualiteit in al haar kompleksiteit en geheimsinnigheid.
Die monoloë word vertolk deur Antoinette Louw (‘Inge’ van 7de Laan), Lulu Botha en Jacqui du Toit.
Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.