DIE bekende televisie-aktrise Elsabé Daneel is die spreker by ’n vroue-oggend wat op Saterdagoggend 28 Augustus om 09:30 by To Dine For op Wellington aangebied word ten bate van Kleuterkampus. Daar sal ook volop stalletjies wees van ’n groot aantal plaaslike uitstallers. Kaartjies is R130 by DH van Niekerk (082-820-2200).