PAARL POST bied vanjaar vir die eerste keer ’n Matriekafskeidrok-kompetisie aan, waarin meer as R10 000 se pryse gewen kan word. Die inskrywingsvorm is vandag op bl 14 en dit sluit op 29 Oktober,
Lewer ’n goeie kwaliteit vollengtefoto af saam met die inskrywingsvorm (wat weekliks verskyn) en inskrywingsgeld van R150 by Paarl Post, Newstraat 1A, Paarl (langs Virgin Active). Sorg dat jou foto agterop gemerk is met jou naam en die naam van jou skool asook jou telefoonnommer. Die inskrywings sluit op Vrydag 29 Oktober om 14:00.
Paarl Post plaas op Donderdag 4 November alle foto-inskrywings, wat alfabeties genommer word, waarna lesers kan stem vir die wenner op die SMS-lyn 37405 (koste R2 per SMS).
Die ses rokke met die grootste aantal sms-stemme gaan deur na die finale ronde. Dié foto’s word op Donderdag 11 November geplaas, waarna lesers weer kan stem vir die finale wenner, wat op 18 November aangekondig word, met twee naaswenners.
Een gelukkige sms-stemmer ontvang die Paarl Post vir ’n jaar gratis, en die wenner se skool wen ’n gratis advertensie ter waarde van R3 000. Maak seker dat jy ’n mooi enkelfoto kry van jou in jou matriekafskeidrok!