Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2010-08-26


COACHING CLINIC FOR LUVO

A coaching clinic and a gala dinner will take place on Friday 27 August in Paarl, in honour of local athlete Luvo Manyonga who won the gold medal at the 2010 IAAF World Junior Champs.

The guest speaker will be Kgotso Mokoena - current Olympic Games and IAAF World Championships silver medallist in long jump. Mokoena will be at the Dal Josaphat Stadium from 14:30 to 17:00 to conduct a coaching clinic. Mokoena will be accompanied by Hezekiel Sepeng, a past Olympic Games and IAAF World Champs silver medallist in the 800m. Contact Brandon du Plessis at 076-187-7260.

KLEIN BOISHAAI GHOLFDAG

Klein Boishaai se jaarlikse gholfdag vind 3 September plaas by Paarl Gholfklub vanaf 11:30. Die formaat is ’n vier-bal en inskrywings wissel tussen R1 600 en R2 000. Kontak 083-324-8360.

KRIEKET

* Paarl-Oos KK:

Paarl-Oos Krieketklub oefen Dinsdae en Donderdae om 17:30 op New Orleans se velde. Die klub se algemene jaarvergadering is uitgestel tot 12 September om 12:00. Paarl-Oos se toer na die Suid-Kaap is ook nou bevestig.

Die klub nooi alle lede en ondersteuners om op 4 September die nuwe seisoen saam met die klub af te skop, in die vorm van ’n onthaal vanaf 12:00, waartydens die Springbokke vs Wallabies (17:00) en Bulle vs Haaie (19:00) uitgesaai gaan word.

* Young Peoples KK:

Young Peoples Krieketklub skop die 2010/2011 seisoen af op Saterdag 11 September met die eerste en tweede spanne wat weg-wedstryde speel teen Robertson Krieketklub. Op Sondag 19 September reis die eerste span na Durbanville om aan ’n 20/20 deel te neem, terwyl die tweede span tuis speel teen Glamorgan Krieketklub op die Daljosafat-sportgronde. Op Saterdag 25 September speel die eerste en tweede spanne tuis teen Milnerton en 26 September speel albei spanne tuis teen Edgemead. Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00 tot 19:00 op Daljosafat. Alle spelers en belangstellendes word versoek om oefeninge by te woon. Kontak Harry by 083-956-3266.

PADWEDLOPE

* Die Bainskloof Ultra-marathon 68,3km, 21,1km en 6km pretdraf vind plaas op 24 September op Wellington.

Die wegspring is by Hugenote Hoërskool. Skakel 083-232-0532 Estelle of e-pos info@bainskloofultra.co.za.

* Op 16 Oktober 09:00 skop die jaarlikse ‘Gathering’s 10km Run’ af vanaf die Jeugsentrum te Orleanslaan 35, Paarl. Vanjaar gaan ses plaaslike skole elk 60 kinders inskryf vir die wedloop en die res van die atlete vanaf plaaslike atletiekklubs. Daar word beoog om 500 deelnemers te bereik. Die ‘Gathering’ is ’n nie-winsgewende kerkorganisasie wat intensief betrokke is by gemeenskapsontwikkeling in die Paarl en omliggende area. Kontak 082-487-4671 of 079-724-4101.

* Die tweede Adam Kock Padwedloop, aangebied deur Athletics Alive Atletiekklub, vind plaas op 18 September vanaf Zomerlust Spar in die hoofstraat. Die 10km wedloop begin 08:00 en die 5km Pretloop om 08:15. Kontak A Sulaiman by 021-862-9333 of 072-435-9682.

* Die Jonkershoek Halfmarathon en 5km Pretstap vind 28 Augustus plaas vanaf 07:30 en spring weg by die Coetzenburg-stadion te Stellenbosch. Kontak 083-315-0773.

WINDBUKS-SKIETDAG

Cape Airrifle hou Saterdag 28 Augustus ’n klubkompetisie te Valley Gun Club. Alle belangstellendes is welkom. Eerstekeer deelnemers skiet verniet. Kinders vanaf negejarige ouderdom kan deelneem onder hul ouers se toesig. Inskrywings begin om 09:00 tot 09:45, waarna die skiet gaan begin. Kontak Gerhard Genade by 076-372-3717 of Marius by 082-569-4536 of besoek www.capeairrifle.co.za.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za