Motoris gestraf ná student se dood
2010-08-26
’n PAARLIET is verlede week in die Paarlse landdroshof skuldig bevind aan ’n klag van strafbare manslag, na aanleiding van die dood van ’n Paarlse student twee jaar gelede in ’n ongeluk naby Klapmuts. Landdros André Fourie het bevind dat Victor de Cruz van die Paarl nalatig bestuur het, toe hy in sy Subaru gery, en aan Werner van Tonder (22) se kant van die pad beland het by Lievland op die Klapmuts-Stellenboschpad. Werner het op slag gesterf in sy Uno. De Cruz het beenbeserings opgedoen. Die hof het De Cruz gevonnis tot ’n boete van R12 000 of 600 dae gevangenisstraf (R10 000 of 500 dae is opgeskort vir vyf jaar).
More
News
|