Rapporteer vullisdrom-diewe
2010-08-26
DIE diefstal van munisipale vullisdromme het weer kop uitgesteek. Volgens die Paarl polisie is talle van hierdie ‘wieletjies-dromme’ die afgelope maand gesteel. Hierdie dromme word dikwels gesteel om skroot te vervoer na skroothandelaars toe. ’n Woordvoerder van die polisie, kapt Louise du Plessis, het die publiek gemaan om hul dromme duidelik te merk en enigiemand te rapporteer wat in die strate rondloop met hierdie dromme. Die polisie kan geskakel word by 021-807-4000/4007 of 4014.
More
News
|