Rugby-flitse
2010-08-26
RANGERS BUIG KNIE
Verlede Saterdag moes Paarl Rangers in gietende reën die knie buig teen ’n begeesterde span van Atlantis. Die eindtelling was 16-8 en alhoewel die Paarliete hard teruggeveg het, kon hulle nie die knoop deurhak nie. Saterdag speel die klub sy laaste wegwedstryd teen Eersterivier. Die bus vertrek 11:30 vanaf Groenheuwel en 12:00 vanaf Drakenstein biblioteek.
WELLINGTON VAL HARD
Wellington Rugbyklub het Saterdag ’n groot loesing gelei onder hande van Abbotsdale. Wellington het 12-62 slae gekry, ná hulle rustyd 5-29 agter was. Schoeman du Preez en Eben Heunis het Wellington se drieë gedruk. Nickus Bergh het met een doelskop geslaag. Eerskomende Saterdag kom Wellington teen Robertson te staan.
More
News
|