Hond grawe baba uit
2010-08-26
’n FAMILIE van Klapmuts het Sondagnag op ’n gru-vonds afgekom op die drumpel van hul huis. Hulle het kort ná middernag hul hond hoor grom buite die voordeur van hul huis in Merchantstraat. Toe hulle die deur oopmaak om ondersoek in te stel, het hulle hul hond langs die lewelose liggaam van ’n vroeggebore babaseun sien lê. Volgens ’n polisiewoordvoerder, kst Naima Vaughan, was die baba kaal, sy liggaam vol grond en daar was krapmerke aan sy lyfie. Daar word vermoed dat die hond die baba, wat byna drie maande te vroeg gebore is, in ’n vlak graf uitgegrawe en na die huis geneem het. Enigiemand wat die polisie kan help om die ma van die kind te identifiseer, kan konst Edgar Julies skakel by 021-875-8000.
More
News
|