Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl speel klaar met Scottsdene

Paarl speel klaar met Scottsdene
 
2010-08-26


DIE eerste rugbyspan van Paarl Rugbyklub het Saterdag vir Scottsdene met 25-17 geklop op die Daljosafat-sportgronde.

Weens verskeie redes was Paarl se span nie op volle sterkte nie, met vyf gereelde eerste spanspelers wat nie beskikbaar was nie.

Die “nuwe” span het egter met groot entoesiasme gespeel en vroeg reeds ’n stewige voorsprong opgebou met drieë deur Shaun Taylor (flank), Ludolf Pretorius (vleuel) en André Coetzee (agsteman).

Darryl Heyns (losskakel) het twee doelskoppe en twee strafdoele bygedra.

Eers laat in die tweede helfte, toe die Paarl-manne se asem begin opraak het, het Scottsdene teruggeveg en twee drieë gedruk.

Aan Paarl se kant het elke speler sy kant gebring, met Darryl Heyns en Hanro de Klerk (stut), wat uit die derde span vir die eerste span moes diens doen, wat spesiale vermelding verdien.

Paarl se tweede span het 26-5 gewen en die derde span het 45-7 gewen. Met dié oorwinning het die derde span verseker dat hulle die liga-voorlopers in hul kompetisie bly.

) Paarl speel eerskomende Saterdag weg teen Stellenbosch-Coronations.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za