Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laaste interskolestryde

Laaste interskolestryde
 
2010-08-26


DIE laaste interskole-stryde het die naweek plaasgevind, met drie plaaslike spanne wat hul onderskeie aartsvyande op eie bodem die stryd aangesê het.

Twee van dié drie spanne, Hoërskool Hugenote en Hoër Landbouskool Boland, kon ongelukkig nie die knoop deurhak nie, ondanks goeie vertonings wat net sowel in die teenoorgestelde rigting kon geswaai het.

Hoërskool Labori het egter die Paarl se naam hoog gehou deur af te reken met Bosmansdam op byna elke sportgebied.

Labori se eerste rugbyspan het 23-17 koning gekraai oor hul teenstanders, terwyl die eerste netbalspan met 39-18 ook te sterk was vir hul opponente.

Beide Labori se eerste seuns- en dogtershokkiespanne het ook geseëvier (3-0 en 4-0), asook Labori se landloopspan.

Bosmansdam het egter die debat gewen.

Hoërskool Hugenote se eerste rugbyspan was deurgaans aan die stuur van sake tydens sy interskole-kragmeting teen Hoërskool Swartland.

Ondanks goeie spel, het die Wellingtonners se konsentrasie in die tweede helfte ietwat geglip, met die gevolg dat die span van Malmesbury kon terugveg om ’n 18-17 oorwinning te behaal.

Intussen het Hugenote se eerste netbalspan (21-21) en die eerste seunshokkiespanne (0-0) die louere gedeel, terwyl Hugenote se eerste dogtershokkiespan met 1-2 vasgeval het.

In ’n baie gelykopstryd in Agter-Paarl, het Hoër Landbouskool Boland ’n tuisnederlaag ervaar, toe hulle met 0-3 vasgeval het teen Oakdale Landbouskool.

Boland Landbou se o.19B’s (26-17), o.16A’s (21-5), en o.15A’s (19-0) het darem hul eweknieë van Oakdale geklop.

In ’n ander, ‘nie-interskole’, kragmeting, het Hoër Jongenskool vir Durbanville Hoër met 36-5 verslaan. Die rustydtelling was 10-0 vir HJS.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za