Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dit gons oor Liggiesfees

Dit gons oor Liggiesfees
 
2010-08-26

Sieb Sieberhagen

DIE Liggiesfees kom na die mense toe, altans dit is soos Drakenstein Munisipaliteit dit wil hê, noudat die Liggiesfees 2010 vroeg in Desember verskuif na Paarl-Oos se Klein Dakensteinwag.

Maar daar is gemengde gevoelens daaroor en nou gons dit behoorlik op Facebook oor dié besluit. Baie mense dink dat dit nie gaan werk nie en voel dat die Munisipaliteit nou weer die wiel wil uitvind.

Maar die Munisipaliteit hou voet by stuk. Die meeste mense wat die Liggiesfees besoek, kom vanaf Paarl-Oos, sê May Carolissen, hoofkommunikasiebeampte van Drakenstein Munisipaliteit.

“Deur die Liggiesfees daar te hou, beteken dit dat die fees na die mense geneem word en dan hoef hulle nie meer so ver te loop nie.

“Ons moet ook ons tradisioneel swart en bruin areas bemark as toerismebestemmings. Een van die maniere om dit te doen, is om geleenthede daar te reël sodat mense wat nie gewoonlik daar kom nie, ook dié areas ontdek,” sê sy.

Die Munisipaliteit het ook die versekering gegee dat die Lig- gies­fees in Paarl-Oos nie die belastingbetaler meer gaan kos nie. Maar op Facebook sê ’n Paarliet: “Die middedorp lok baie mense, dit is meer sentraal en is baie veiliger”.

“Ons moet onthou dat die Liggiesfees vir almal in die Paarl en die omliggende omgewing is. Om in die middedorp te bly is beter. Die Munisipaliteit sal presies moet sê waarom hulle dit wil skuif,” was nog ’n reaksie.

“Ek dink dit sal nie werk nie - as dit daar bo is gaan daar minder mense kom. Dit is nie so ’n geskikte plek waar hulle dit wil hou nie en dit is nie veilig genoeg vir ons mense nie,” reageer ’n ander Facebooker.

Die meeste van die Facebookers wil weet waarom dié besluit geneem is en of die gemeenskap in hierdie besluit geken is.

En wat van die mense wat in Klein Drakensteinweg, Maasdorp en en Tennantstrate bly - is dié inwoners geken in die besluit, wou hulle weet.

“Volgens my het dit nog al die tyd goed afgeloop in die dorp, so hoekom wil daar verander word aan iets wat werk en waar was die besluit geneem?” wil nog iemand weet.

Alles is nie net negatief nie, want daar is Facebookers wat glo dat dié skuif sal werk.

“Daar sal baie positiewes daaruit vloei en dit sal die gemeenskapsbesighede ’n hupstoot gee. Baie van die besoekers sal nie meer lang afstande hoef te loop nie en dit sal ook vir hulle veiliger wees.

“Die publiek moet dit sien as transformasie in praktyk. Ons kan net die Munisipaliteit salueer vir so ’n brawe stap. Ons kan sien dat die Munisipaliteit ernstig is om gemeenskappe te ontwikkel.”

* Paarlites have expressed their opposition to moving the Christmas Lights Festival to Klein Drakenstein Road in Paarl East.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za