DIE smouse in Lady Greystraat is ’n probleem vir belastingbetalers en wetsgehoorsames.
Hoe kan die stadsraad aan hulle laat voorskryf deur nie- belastingbetalers wat eis om te smous in Lady Greystraat? ’n Plek word hulle aangebied om wettig te smous, maar hulle weier en eis afdakke. ’n Mens moet darem seker sorg vir jou eie beskerming?
Maak asseblief Lady Greystraat weer die lekker inkopiestraat - as Kaapstad en Johannesburg dit kan regkry, hoekom nie Paarl nie?
Belastingbetaler