Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ongebreidelde misdaad gaan onverstoord voort

Ongebreidelde misdaad gaan onverstoord voort
 
2010-09-02


ELEKTRIESE kabels, telefoonlyne, koper, plate, spuitkoppe, ysterpale, boerderytoerusting, staal, pype, dreindeksels word daagliks gesteel en verkoop.

Gesteelde trollies vervoer dit daagliks na skroothandelaars

Die Arboretum is ’n misdaadarea waar niemand meer veilig voel nie en waar elektriese kabels en pomptoerusting daagliks gesteel word.

Middernagtelike motorjaagtogte gaan naweek na naweek voort.

Dié antwoord hiervoor is tog duidelik. Beveg diefstal, misdaad en werkloosheid met ’n ysterhand en kontroleer die afsetpunte, of ons verval in anargie.

Dit word duidelik nie gedoen nie, in elk geval nie effektief nie.

Die vraag is dan onwillekeurig:

•Is dit ’n gebrek aan politieke wil?

•Is dit onvermoë?

•Is polisiekantore ’n gedissiplineerde, operasionele kantoor in diens van die gemeenskap?

•Waarom weier die vervolgingsgesag (volgens die SAPD) om mense vir diefstal te vervolg as die eienaar nie kla nie?

In die privaat sektor word onbekwame mense afgedank en vir swak diens word nie betaal nie.

Vir hoe lank moet ons belastingbetalers dit nog toelaat?

Ons benodig ’n noodberaad vir diefstal op die platteland.Moedeloos




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za