Gimnaste ryg medaljes in
2010-09-02
GIMNASTE van Wynland Gimnastiekklub het onlangs aan die Boland Kampioenskappe te Kuilsrivier deelgeneem vir mini-trampolien, double mini en black top.
Ses van die gimnaste het met 10 medaljes in die onderskeie afdelings weggestap. Hulle het onderskeidelik gekompeteer in die junior en senior elite afdeling en gaan aan die Wes-Kaap kampioenskappe deelneem op 10 en 11 September te Kuilsrivier.
Die gimnaste is Logan Lawrence (goud junior elite en goud black top junior elite), Simone Wepener (goud vlak 3 Double Mini), Eliana Burger (goud senior elite en goud black top senior elite), Wilma Pieterse (silwer mini-trampolien senior elite en brons black top), Larissa Burger (goud black top) en Eugenie Lamprecht (brons mini-trampolien senior elite en silwer black top).
More
News
|