Leefstylkalender
2010-09-02
* Borskanker. Die Reik na Herstel borskanker-ondersteuningsgroep kom op 9 September byeen by Paarl Medi-Clinic se raadsaal. Alle borskankerpasiënte en “survivors” van borskanker word vriendelik uitgenooi na die byeenkoms wat om 10:00 begin. Kontak Annaleen by 072-523-0650 of Hannalie by 083-336-8695 vir navrae. * Vergader. Alle oudstudente van New Orleans Sekondêr vergader Woensdag 8 September om 18:30 by die skool. * Praatjie. Die CYM van VGK Huguenot Paarl bied ’n praatjie aan oor au pair in Holland. Alle belangstellendes en oudmatrikulante tussen die ouderdom van 18 tot 30 jaar word uitgenooi. Die praatjie word aangebied deur House of Orange. Kontak Japie by 083-509-4886. * Spring Breakfast. The Paarl Methodist Church will host their annual Spring Breakfast and mini fête on 4 September to raise funds for the church in Sanddrift Street. This year the church celebrates 40 years in Paarl. A farmstyle breakfast will be served and there will be stalls and lots of fun for the children. Tickets are available at R40 (R20 for children) and can be bought on the morning of the breakfast. Contact Brenda on 021-872-1346. * Enkellopendes. Enkellopendes 50 jaar en ouer word genooi om op Sondag 5 September saam met ’n groep aangename vriende ete te geniet om 12:00 in ’n gesellige informele atmosfeer. Skakel 076-115-7382. * Choir open evening. Have you found yourself singing in a choir, the shower, at the camp fire or in your car? Why not pop in at the Old Mill Theatre on Monday 13 September at 19:00 to meet the Paarl Choir members and the choir master at their open evening. Everyone is welcome. Contact Johannes Schickerling on 073-231-4791. * PJSS Oudleerders. Alle oudleerders van Paulus Joubert Sekondêre Skool vergader op Saterdag 4 September om 11:00 by die skool om die werksaamhede van die oudstudente te bespreek en terugvoering te gee oor die projekte wat tans beplan word. Dit is van kardinale belang dat alle oudleerders hierdie vergadering moet bywoon, om idees te bespreek en die skool se beeld van binne en na buite te verbeter. Vir meer inligting, kontak die skool of Karen Petersen by 082-234-8875 of Charles Solomon by 082-202-3263. * Staffies geskou. Die Wes-Kaapse Staffie-klub hou hul ope-trofeeskou op 12 September (10:30) op die Brackenfell Krieketterrein in Witels-weg, Brackenfell. Stephnette du Toit sal om 12:00 die beoordeling waarneem (opregte hondjies ouer as 4 maande). Kontak vir 078-432-9454.
More
News
|