’n INTENSIEWE driedaagse kursus in boekherstelwerk en papierbewaring word van 26 tot 28 Oktober by die Taalmuseum in die Paarl aangebied.
Die kursus sal aan deelnemers die nodige kennis en vaardighede oordra om hardebandboeke se rûe suksesvol te herstel.
Die aanbieder is Johann Maree wat vir 28 jaar hoof van die departement van papier- en boekkonservering by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad was, en het reeds verskeie kursusse nasionaal en internasionaal aangebied.
Deelnemers het ’n keuse tussen ’n kursusfooi van R1 500 (gereedskap ingesluit) of R1 300 (eie gereedskap). ’n Ligte middagete en koffie/tee is ingesluit. Kontak Amira Clayton by 021-872-3441.