Stop die gedop
2005-09-29
EIENAARS van dranksmokkelhuise loop deesdae lig in Paarl-Oos, met die polisie se projek Stop-a-Dop wat vir niks stuit nie.
Veral nie vir die klippe wat lede van die publiek verlede naweek in Klein Nederburg na haar polisiemotor gegooi het nie, sê stasiekommissaris Gerda van Niekerk.
Die motor is die aand ná 22:00 deur supt Philliph Macala van Paarl- Oos tydens die optrede in Lantanastraat gebruik.
“Dis dieselfde gemeenskap wat ons in nood roep, wat ons bedank deur klippe na ons te gooi as ons help. Maar ons laat nie vir ons afsit nie.”
Met die Stop-a-Dop-projek word daar elke naweek in ’n ander buurt teen onwettige drankhandelaars opgetree. Voorverlede naweek was dit Groenheuwel, en toe Lantana, waar die polisievoertuie onder die klippe gesteek is.
“Daar is soveel klagtes van geweld by sjebeens en nou, met die nuwe indeling van die area in sektore, werk ons daaraan dat daar hoegenaamd geen drank onwettig verkoop word nie.”
More
News
|