LOLLOS kom kuier op 4 September (10:00) by die Paarl Primêre Seunskool se saal in Paarl.
In dié prettige vertoning gaan Lollos saam met Alta Joubert en Minki Burger op vakansie op ’n prettige treinrit met Kedang-Kedang. Op die ‘vakansie’ kan ook uitgesien word na verskeie liedjies wat gesing gaan word en daar sal omtrent rondgebons en gedans word op Spring Op! en Shongololo.
Bespreek by 021-872-8162 of 082-466-6893 (kaartjies is R40). CD’s en DVD’s sal te koop wees.