Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baba se skade weens alkohol is permanent

Baba se skade weens alkohol is permanent
 
2010-09-02


WĘRELDWYD word die klokke op 9 September om 09:09 vir een minuut lank gelui, ter bewusmaking van Fetale Alkoholsindroom (FAS).

Klokke is vir die eerste keer op 9 September 1999 reg oor die węreld gelui om mense bewus te maak van die feit dat swanger vroue asook vroue wat beplan om swanger te word, alhohol moet vermy. Dus word węreldwyd, op die negende dag van die negende maand van die jaar, onthou dat swanger vroue geen alkolhol tydens hul swangerskap moet drink nie. Die nege verteenwoordig die nege maande van swangerskap, daarom is die nege minute na die negende uur op die negende dag van die negende maand so betekenisvol.

Die lui van die klokke word histories geassosieer met ’n waarskuwing of alarm wat belangrike gebeure aankondig, daarom dien die lui van klokke, klingel van sleutels, of stamp van voete as bewusmaking van die feit dat as die swanger vrou alkohol drink, dit haar baba aantas. Internasionale Fetale Alkoholsindroom-dag is ’n geleentheid om gemeenskappe bymekaar te bring om Fetale Alkohol Sindroom te voorkom, die gemeenskap in te lig en op te voed oor die gevare van die gebruik van alkohol tydens swangerskap.

In Wellington word dié jaar se bewusmakingsaktiwiteite ingelei deur ’n inligtingsessie op 7 September (17:00) by die NG Kerk Wellington-Oos se Jeuglokaal.

Prof Charles Parry, van die Navorsingseenheid vir Alkohol- en Dwelmmisbruik by die Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Departement van Psigiatrie by Universiteit van Stellenbosch, ’n mede-navorser van die FAS voorkomingstudieprojek, bespreek die onderwerp: “The Nature and extent of harmful alcohol use on the public health in South Africa: What should be done to reduce the burden” met die klem op Fetale Alkohol Sindroom.

Op 9 September word ’n optog in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisie en die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gehou ter viering van Internasionale FAS dag en om die Stop Misdaad-veldtog in Wellington van stapel te stuur. Die optog sal by die museum in Kerkstraat begin. Kerke en skole in Wellington sal om 09:09 klokke vir ’n minuut lank lui as deel van die veldtog.

Vir navrae, skakel die Fetale Alkoholsindroom Navorsingstudie-kantoor in Wellington by 021-873-2933/5710.

* Fetale alkoholsindroom is 100% voorkombaar en die skade aan die kind is 100% permanent.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za