INSKRYWINGS word ingewag vir die Mevrou Wynland skoonheidskompetisie. Die kompetisie is oop vir getroude dames van 21 tot 45 jaar oud.
Intelligente, goedversorgde dames, met ’n hart vir hul gemeenskap en wat hou van opwinding in hul lewens, kan gerus inskryf! Daar is pryse en baie bederf op die spel en ’n kans om ’n verskil te maak. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September.
Inskrywingsvorms kan gekry word by info@misswinelands.co.za of skakel Rietha by 083-460-2324 of besoek www.misswinelands.co.za.