Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wen R10 000 se pryse met jou matriekafskeidrok!

Wen R10 000 se pryse met jou matriekafskeidrok!
 
2010-09-02


PAARL POST bied vanjaar vir die eerste keer ’n Matriekaf­skeid­rok-kompetisie aan, waar­in meer as R10 000 se pryse gewen kan word. Die inskrywingsvorm is vandag op bl 11 en dit sluit op 29 Oktober,

Lewer ’n goeie kwaliteit vollengtefoto af saam met die inskrywingsvorm (wat weekliks verskyn) en inskrywingsgeld van R150 by Paarl Post, New­straat 1A, Paarl (langs Virgin Active). Sorg dat jou foto agterop gemerk is met jou naam en die naam van jou skool asook jou telefoonnommer. Die inskrywings sluit op Vrydag 29 Oktober om 14:00.

Paarl Post plaas op Donderdag 4 November alle foto-inskrywings, wat alfabeties genommer word, waarna lesers kan stem vir die wenner op die SMS-lyn 37405 (koste R2 per SMS).

Die ses rokke met die grootste aantal sms-stemme gaan deur na die finale ronde. Dié foto’s word op Donderdag 11 November geplaas, waarna lesers weer kan stem vir die finale wenner, wat op 18 November aangekondig word, met twee naaswenners.

Een gelukkige sms-stemmer ontvang die Paarl Post vir ’n jaar gratis, en die wenner se skool wen ’n gratis advertensie ter waarde van R3 000.

Maak seker dat jy ’n mooi enkelfoto kry van jou in jou matriekafskeidrok!




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za