Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sweisery vat vlam

Sweisery vat vlam
 
2005-09-29

Malané Bosman

SWEISERY in ’n motorhuis in Wellington wat as werkswinkel gebruik word, het Dinsdag noodlottig geëindig, met brandskade van derduisende rande.

André du Plessis van Cummingsstraat 12B was besig om ’n slinger van ’n domkrag te sweis toe die yster te warm geword het.

Hy het die yster in die tuin onder water gehou toe hy die vlamme in die motorhuis gewaar het.

Lappe en verf op die oliebesmeerde vloer het die vlamme aangevuur en antieke meubels verswelg.

André kon die vlamme nie keer nie en het benoud na sy ouers, Neel en Elize du Plessis, geroep.

“Ek het eers die Wellington brandweer geskakel en lank gewag voordat hulle die telefoon geantwoord het. Toe die brandweer in die Paarl.

Dit was vyf voor twaalf, en hulle het eers 25 minute later hier aangekom. Die straat was toe al vol polisie en mense wat kom kyk het. En toe is dit net tien minute toe is die vuur geblus.

“As hulle net gouer gekom het, kon ons dalk al die mooi ou meubels gered het. Ek is net bly daar was nie lewens in gevaar nie.”

Elize is hartseer oor haar buurvrou se woning.

Die vuur het gesprei na die ander deel van die dubbelmotorhuis, wat deur die bure, Jannie en Olivia Keyzer, gebruik word. ’n Binnedeur het afgebrand en die rook het in hul huis ingeborrel.

Die huis was gesluit en die brandweer het ’n venster gebreek en water ingespuit.

Terwyl nuuskieriges saamgedrom het, en selfs tuinstoele nader getrek het om die petalje in gemak te aanskou, het water uit ’n gat in ’n munisipale brandslang oor die straat gespuit.

“Olivia is baie ontsteld. Hulle het groot water- en rookskade, al het die huis nie gebrand nie,” het Elize gesę.

“Die ondersteuning van die bure - wat tee en kos aandra - is wonderlik. Ons sou eintlik vandag in Beaufort-Wes gewees het vir ’n begrafnis, maar ek het gister oor die saak gebid en duidelik antwoord gekry dat ons nie moes gaan nie.

“Dink wat sou gebeur het as André alleen by die huis was.”

* Welding at a Wellington house set the garage alight and caused extensive damage.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za